MEIRINGSPOORT CHALLENGE

Presented by

DE RUST, WESTERN CAPE

MEIRINGSPOORT CHALLENGE

Presented by

DE RUST, WESTERN CAPE

MEIRINGSPOORT CHALLENGE

Presented by

DE RUST, WESTERN CAPE

MEIRINGSPOORT CHALLENGE

Presented by

DE RUST, WESTERN CAPE

Meer oor
DE RUST

De Rust – hierdie prentjie mooi dorpie is geleë aan die suidelike ingang na Meiringspoort (tussen die Swartberg en Kammanassie Berge) 35km oos vanaf Oudtshoorn. De Rust is in 2011 aangewys as Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar. Eintlik is die dorpie, die laaste rusplek voordat Meiringspoort deur die Swartberge van ouds aangepak is. De Rust is alreeds in die twintigerjare deur CJ Langenhoven in sy boeke oor die omgewing, soos Herrie op die Tremspoor en Sonde met die Bure, bekend gestel.

Die rustige dorpie lê aan die voet van die magtige Swartberge en ‘n mens kan ure verwyl deur in die dorp rond te dwaal en in winkeltjies en kunsgalery besoek. Of by die talle eetplekke tipies Klein Karookos geniet. De Rust het asemrowende uitsigte oor die berg & valleie. In die winter lê die berge wit van die sneeu, en in die reëntyd tuimel wtervalle langs die hange af.

Swartberg e
Aloe plant
Protea flower
River near De Rust
Close-up of flower
Close-up of flower

Aktiwiteite en plekke van belang sluit in Meiringspoort en Waterval, Historiese Karoo argitektuur, Donkiekar ritte, Stompdrift Dam en die bekende roete:

De Rust – Meiringspoort – Prince Albert – Swartberg Pas – De Rust (via Oudtshoorn of Oudemuragie Road) waarop jy die prag van die Klein Karoo behoorlik kan verken.

Sowat 30km vanaf De Rust is die Rust en Vrede-waterval geleë. Die skouseplagtige waterval tuimel by twee kranse af om onder in ‘n helder poel te plas. In die somer is dit ‘n heerlike swemplek waar mens jou piekniekmandjie kan uitpak en met die geruis van die waterval in die agtergrond kan geniet.

Die hele dorpie is verklaar as erfenis gebied en historiese Monument. Oral kry jy egte Karoo argitektuur met Nagmaal- huisies en statige ou Victoriaanse huise met breë stoepe. Donkiekar ritte neem jou na oulike winkels, uitstekende restaurante, asook op grondpad paadjies tussen die volstruise wat nuuskierig nader staan. Verskeie, unieke Gastehuise bied verblyf in ’n dorpie waar stilte jou omsingel!

Daar is ook vir die jonges van hart ’n lekker kuier kroeg met musiek, asook gereelde optredes van bekende en nuwe jong bands as vermaak! Vrydae aande bedien die Kaalgat Kudu ook die beste pizza in die Wes Kaap!

De Rust, kom bederf jouself! Hier vind jy rus vir jou siel!

Rainbow in front of Swartberge
Beautiful green landscape
De Rust
View of Swartberge

SPONSORS

Thank you for your support.

{"slides_column":"4","slides_scroll":"1","dots":"true","arrows":"true","autoplay":"true","autoplay_interval":"2000","loop":"true","rtl":"false","speed":"1000","center_mode":"false"}